Wednesday, September 06, 2006

Tooth Fairy en dinge


Ek het vroeer as beplan klaar gekry met my laaste afdruk vir die jaar. Toe kom probeer ek my gedagtes aflei deur nie aan hartseer nuus of oor ander dingetjies wat my kop laat maal te dink nie. Laas toe ek 'n mooi fototjie van 'n tooth fairy gesoek het, het ek net by snaakse goed uitgekom, maar die keer het ek geluk. Ek wens ek kon die prentjie net bietjie soos 'n rooikop met kort hare ens laat lyk, dan was ek dalk rerig die fairy wat Willem my noem;) Ek dink any way die foto is sweet.

Verder is daar maar net 22 dae van pasientdae oor vir ons en dis exciting en nerve wrecking terselfde tyd. Ek kan nie meer wag om te hoor waar osn volgende jaar heen gestuur word nie! Ek sal baie kom kuier in Pretoria en hoop ek sal af en toe darem ook kuiergaste vir die naweek kry. Ek sal haat om my nuutgevonde vriend te verloor of min te sien! In Januarie weet ek sal ek nie hom sien nie, omdat ek weet hy gaan doen wat ek kan bevoorregd was om te doen! Hopelik kan ons binnekort reel dat hy my foto's kan sien ens.

My ma gaan my pa oor so 'n week join om huis te soek naby Brussels. Ek raak ook nou daaroor opgewonde.

Maar vandag is nie 'n goeie skryfdag nie. Ek't 'n drukkie nodig.
Snaaks hoe mens wel kan besluit om die beste van die dag te maak, maar daar is wel dinge wat mens nog hartseer maak en omkrap. Jammer dat mens net deur pyn leer en wyser word;)

Baie liefdetjies
Hoop om gou iets terug te hoor... Anny

2 comments:

Lientjie said...

Heyjong!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
kyk myne, nog bietjie lame, maar sal aankom!!
Lovies
MEE

o ja, myne is roela.blogspot.com

saintwillem said...

hi, ek sit met die probleem dat my megabytes by tuks opgebruik is...en dus moet ek weer geld gaan inbank daar voordat ek weer kan blog lees.

So dis jammer dat ek die blog nou eers lees. En nou het gister ook nog gebeur. En my hart skreeu vir jou.

Wel, dit was regtig goed gewees om jou vanoggend te sien. al was dit so kort. ek hoop jy kan vanaand rustig slaap, en bel/ my maar enige tyd...jy weet mos ek slaap nooit.

luvies
willem