Friday, September 22, 2006

Bittersweet afskeid...

Om te probeer beskryf hoe dit voel om uiteindelik daar te staan en te smile vir die kamera, gaan vir my ‘n uitdaging wees. Dis ‘n mengelmoes van bittersweet opgewondenheid, vreugde, verligtheid, dankbaarheid, en hartseer oor die afskeid so naby is, dat die tyd so gou gevlieg het, dat daar ‘n einde aan alles kom, dat mens vir vriende en nuwe tandheelkunde familie moet koebaai se.

Ek het daar gestaan en besef hoe naby ek is dat my drome waar word. Om ‘n grootmensbaadjie aan te trek en nogal soos ‘n grootmens te voel, om soos ‘n amper tandarts op te tree, om die respek van mede kollegas en die proffessore wat ons opgelei het te sien…en om in die, naby aan my hart se oe te kyk en trots te sien. Dis onbeskryflik! Om te weet dat al die harde werk van jare nie onbeloond gaan nie, dat ek uiteindelik soos al my voorgangers en rolmodelle ook op ‘n foto vir ewig in die” hall of fame” sal wees en dat die einde so bitterlik amper in sig is.

Tog le die komende laaste toetse en eksamens voor. Maar ek is onbeskryflik, en seker onstellend vir sekeres en gerusstellend vir myself, kalm. Kalm want ek weet ek het my kant gebring en dat ek net so kan aanhou. Ek is rustig en gerus in die wete dat die Here wat my al eindelose kere uit verknorsings, penarries,krisisse en stresvolle tye gehelp het, weereens nie Sy kind in die steek sal laat nie! Ek is dankbaar "beyond comprehension" hoe Hy my die liefde vir mense en tandheelkunde kon gee en dit ontwikkel het! Dat Hy my gevorm het tot die mens wat ek geword het. My grootste begeerte is nogsteeds om ‘n vrou en tandarts so na God se hart en ideale plan vir my lewe te wees en te word. En ek het beleef hoe die Here werklik lewe in oorvloed gee, soos Hy in John10:10 belowe! Ek gee Hom AL die eer vir hierdie ongelooflike tye in my lewe en al die baie wonderwerke en ervarings! In Hom was ek tot alles in staat !

Om afskeid te neem is niks lekker nie, vir niemand nie, maar mens dra herinneringe saam met ‘n mens, en dis wat mens se hart troos. Ek kan baie skryf oor al die baie lekker en snaakse tye wat ek beleef het in die Tand en Mond Hospitaal, maar dit sal ek nie nou noem nie. Hierdie sentimentele mens sal maar baie foto’s neem en vir haarself aanhou dagboek skryf, en eendag, oor ‘n lekker glasie rooiwyn nostalgies praat en onthou, met ‘n glimlag op haar gesig en ‘n hart wat oorloop van geluk en liefde vir die beroep en mense van my tandheelkundefamilie!

No comments: