Tuesday, October 03, 2006

En so nog 'n lekker ou party



So, laas Vrydagaand en middag was dit weereens sulke tyd vir jol-lytigheid! Ons het heerlike pasta by Roelatjie geeet, heerlik gekuier en rooiwyn gedrink, maar aangesien ons minnerig die vorige aand geslaap met met die Odontologie-toets wat ons senuwees tot nuwe lengtes gestrek en torture het, het ons nogal vroegerig uitgepass...kombinasie van moeg, heerlike rooiwyn, maar nie slegte geselskap nie! Vir die van julle wat ons nie persoonlik ken nie...maar ons twakkies lees...soos ons maar julle sinne;)- ons het slegs 3 dae oor om op ons eie pasiente te werk. Dis nou die vroumense op die fotos. Willem en Paul gaan Holland toe soos ek laas jaar gelukkig was om te gaan en hulle is tans nog net so kort-koppie agter ons met die graad klaar maak;)

Van Vrydag block ons (ons girltjies) vir ons maand se finale eksamens. Ons maak 6 November klaar...en in die tussentyd terwyl ons probeer om ons Tandheelkunde graad mooi klaar te maak...is daar ander prioriteite...soos die liefde ens...en dis soms baie moeilik om alle balletjies in die lug te hou! Lees gerus Lientjie se blog...sy stel dit so mooi;) Buiten dit het ek gister gehoor...dat ons 4 wat ek op een foto het hieronder, almal gekeur is om saam Betlehem toe te gaan vir gemeenskapsdiens in 2007. Dit gaan soveel......... fun wees! Ek sien verskriklik baie uit! Enigste ding is, ek sal aandele in tolhekke en paaie van Pretoria en Betlehem moet kry, want die liefde kom op die snaakse en moeilikste tye;)

P.S- die foto's is ter danke aan Willempie wat altyd onverwags neem en so heerlik met sy nuwe kamera speel! Hy't my bederf gehad met 'n verskriklike oulike boek wat ek geniet het terwyl hy en Roela wyn oop gemaak het in die kombuis.Roela-"never look at Beauty Magazines- They only make you feel ugly!"


No comments: