Wednesday, November 01, 2006

Update van my kant af...

Willem en Paul het gister heel moeg in Amsterdam, veilig geland. Ek was te dankbaar om sy stem te hoor, maar het geweet dat hy wel die bed en kussing by sy sus sou seer maak net daarna. Dus kan almal wat met hom wil kontak hou gerus sy blogspot dop hou, hy sal seker binne die volgende week wel post. Hy het heelwat foto's wat sal op en ek is seker sodra hy tyd het, sal die stories ook volg.

Ja Ed, dit gaan baie goed tussen ons;) TYd dat osn mekaar ontmoed, dat jy darem kan sien ek gaan nie net jou vriend se hart breek nie. Maar hey, ek sien jy was die donder in vir iemand wat gecomment het-ek belowe ek se niks nie;)
Marius, dammit, ek sweer ek het nog nooit so vinnig weg gekyk nie-maar baie baie geluk met die rammetjie wat op pad is! Ons is baie opgewonde saam met julle! Hoop vroulief se tandewales is uitgesort en dat sy nou al baie beter voel.

Dankie vir wat jule vir Willem beteken! Hy waardeer julle vriendskappe almal baie!

En van my kant af, ja, ek mis die man in my lewe baie bitter baie! Dinge aan die kant van die aardbol is maar net so dol as in Nederland. My ma'le emigreer wel nog binne hierdie jaar, waarskynlik na Holland of Belgie, ons huis is in die mark en word weer Sondag geskou-hopelik verkoop ook soos wat daar al mense kom kyk het-sweer ek het geen privaatheid meer nie, my boetie gaan goed aan in sy nuwe woonstelletjie en dank Vader hy kom die estrogeen-overloaded huis darem af en toe opcheer, ons het minder as 10 dae van eksamens oor, en soos ek vir ons bediende verduidelik: dan kort ons nog net die klere en pampiere, dan ons es die dokters, ne? Die Here is goed vir my, vir ons! Ek is baie gelukkig en dankbaar!

Liefde en groete aan almal wat lees....en kyk uit vir Paul en Willem se stories. Dit gaan baie opwindend wees!

2 comments:

saintwillem said...

hi, hoe gan dit met die exams en hoe was die community toe? die foto's lyk mooi en die blog sal nog kom. mis jou ok baie.

groete
willem

Eddy said...

Hi daar.

Nie gedink iemand behalwe my ouma lees my blog nie. Voel erg geëerd.

Maar ja dit was 'n stresvolle tyd, voel nou beter. Die sielkundige sê so 6 maande se terapie sal genoeg wees.

Sê vir Willem ek sê hi as jy met hom praat. Ons almal mis hom hier ook.

ed.